Subscribe by Email

Google skuif sy Chinese soekenjin na Hongkong.

Aandenking tot internet vryheid. Foto M&G. 'n Chinese joernalis plaas blomme op die Google muur by Google se hoofkantoor in Beijing.

Dit is amptelik. Google het sy Chinese soekenjin gesluit, en alle internet soekverkeer word herly na ‘n ongesensorde webwerf in Hongkong. Hierdie skuif het veroorsaak dat die Chinese owerhede in Beijing hulle messe skerp maak vir Google.

Die Chinese eenparty staat het geen doekies omgedraai toe hulle Google gewaarsku het dat hulle dit nie sal duld dat Google nie hul beleid van self-sensor oor wat die 384 miljoen Chinese internet gebruikers mag en nie mag sien nie, gaan handhaaf.

Google skop egter vas, dat hy nie langer enige vorm van sensuur op soeke op sy Chinese soekenjins gaan handhaaf nie, en dat die Chinese regering dit self moet toepas en instel. Honkong is die enigste Sjinese provinsie met ’n  eie outonomie.

Die vraag is nou, of die eenparty staat in China, genoeg mag in Hongkong gaan bekom om ook die Google soekenjin daar te sensor, of selfs toe te maak.