Subscribe by Email

Google gaan sy soekenjin op 10 April 2010 in Sjina sluit

google onttrek uit sjina

Google onttrek uit Sjina

Ons korrespondent, Albert, berig uit Vlaandere:

Google het besluit om sy soekenjin en alle Google verwante dienste aan Sjina te staak op 10 April. So word gerapporteer deur ‘n anonieme Sjinese Google medewerker aan die koerant China Business Week.

Laas week het die Sjinese regering Google gewaarsku vir “gevolge” indien die Amerikaanse onderneming nie amptelike Sjinese soekresultate sou gee nie. Volgens die outoriteite in Peking sou Google die Sjinese wetgewing oortree indien Google se Sjinese soekmasjien-resultate nie meer sensor nie.

Na die groot hacker aanvalle op die e-posdiens van Google einde laasjaar, het die soekreus se houding met betrekking tot Peking en sy afdwing van sensormaatreëls sterk verander. Google sê dat hy hom wêreldwyd nou baie harder teen enige vorm van sensuur gaan verset. “Steeds meer lande bedreig die vrye menings op internet “, het David Brummond van Google gesê.