Subscribe by Email

Google dalk met $4 miljard beboet oor monopolie en vertroue

Amptenare van Google onderhandel intensief met die Europese regulatoriese owerheid om ‘n reuse boete vry te spring weens beweerde misbruik van sy markoorheersing om ‘n wye reeks bedrywe te skaad.

‘n Ooreenkoms kan dalk binne dae bereik word.

Google se nuwe privaatheidsbeleid sal steeds onder die vergrootglas bly, selfs al slaag dit daarin om die boete vry te spring. Sy androïede wat sy fone en tablette beheer sal ook bekyk word.

Baie van die tipe klagtes teen Google is tevore ook deur Amerikaanse reguleerders ondersoek, maar dié in Europa is strenger en die boetes hoër.

Facebook, Apple en Microsoft is al die afgelope paar jaar deur Europese reguleerders onder die loep geneem.

Bron: http://www.washingtonpost.com/business/economy/google-facing-force-of-aggressive-eu-regulators/2012/07/22/gJQAPSX02W_story.html

Herman Toerien