Subscribe by Email

Goliat van Gat pampoenfees

Cullinan Boere Unie in samewerking met TLU SA, Radio Pretoria en die Pionier Museum bied op Saterdag 26 Maart 2011 die Groot Goliat van Gat Pampoenfees ten bate van Volkshulp 2000 aan.

Dit vind plaas vanaf 08h00 tot 15h00 by die Pionier Museum in Silverton, Pretoria.

Benewens die GROOTSTE, mooiste, lelikste en die mees oorspronklikste pampoenne sal daar ook vele ander aktiwiteite wees om `n ieder en elk heeldag te vermaak. Baie stalletjies van alles en nog wat.  Eet en drinkgoed om van te kies en te keur. Lekker koelte om na die musikante te sit en luister.

Die wenner van die swaarste pampoen wat ingeskryf word ontvang R3000.00 kontant wat deur

Uitkyk Vleismark in Silverton geborg word.  Pryse word ook toegeken vir die mooiste, lelikste en oorspronklikste pampoen sowel as vir die grootste pampoen gekweek deur jongkwekers onder

die ouderderdom van 16. `n Prys word ook toegeken vir die grootste pampoen uit die Cullinan distrik wat deur Die Tuinmark geborg word.

Daar sal ook meegedoen kan word aan Pampoenpitspoeg, pampoendra en gewigraai kompetisies.

Die Transvaal Houtsnyers Gulde bied `n pampoenkerf kompetisie aan.

Jong opkomende musikante sal geleentheid gebied word om op te tree en hulle CD’s en dienste te bemark.

Die fees poog om ondersteuning vir boere in Suid Afrika te kweek. Deur self pitte te koop, te plant en te versorg kom mens vinnig agter dat peste, plae en weerstoestande in SA `n groot rol speel in die verbouiingsproses.  Om voedselsekerheid in Suid Afrika te verseker, kan ons nie bekostig om `n enkele boer te verloor nie. Ondersteun ons Suid Afrikaanse boere!

Kom geniet die dag saam met ons. Hekke is reeds om 06h00 oop vir die Boeremark.

2 Responses to Goliat van Gat pampoenfees

  1. cindy

    Maart 11, 2016 at 3:34 pm

    More gaan my eerste keur wees wat ek pampoenfees toe gaan , ek sien baie uit daar na en dis altyd lekker as klomp boere saam kom en die dag saam geniet .

  2. Pieter Human

    April 5, 2011 at 5:08 am

    Eerste keer dat ek die fees bywoon en dit was ‘n baie groot teleurstelling. Die kunstenaars was om die minste te se, power. Die besoekers se entosiasme en applous was ‘n duidelike bewys wat hulle daarvan gedink het. Verder was daar ‘n stalletjie was gebraaide sosaties verkoop het, 3 stukke vet + 3stukkies vleis!
    Dit was niks anders as om op ‘n wettige manier geld van jou te steel!
    Ek noem nie eers die probleem met ‘n tekort aan sitplek nie.
    Julle sien my beslis nie weer daar nie! Dit alles vir R30-00 toegang/persoon! Ek is gevang maar hierdie aap leer vinnig, ek steek nie weer my hand in daardie pampoen nie!!!!