Subscribe by Email

Goeie werksverhouding uiters belangrik

allisSpringbok-afrigter Allister Coetzee sê dit is uiters belangrik dat hy en sy personeel ‘n goeie werksverhouding het met plaaslike breiers en spelers voor die internasionale seisoen afskop. Die nasionale afrigtingspan het die afgelope twee weke die ses Suid-Afrikaanse Superspanne besoek en Coetzee sê hy is tevrede met die terugvoering wat hy van spelers en breiers gekry het. Hy is veral beïndruk met spelers se reuse passie om hulle land te verteenwoordig. Die Bokke speel volgende maand drie tuistoetse teen Ierland.