Subscribe by Email

Godsdienstige tydskrifte kry die trekpas

Die winkelgroep Woolworths het bekend gemaak dat hulle nie langer enige godsdienstige tydskrifte in hulle winkels gaan verkoop nie.

Alle godsdienstige tydskrifte sal onmiddellik van die winkelgroep se rakke verwyder word. Ontstoke lesers van godsdienstige tydskrifte dreig nou met ʼn boikotaksie teen die winkelgroep indien hulle nie die besluit herroep nie. Die winkelgroep het vinnig reageer nadat verskeie kliënte op Facebook gedreig het om die winkel te boikot.

Woolworths sê die besluit is deel van ʼn rasionaliseringsprogram om weg te doen met tydskrifte wat nie goed verkoop nie. Onder die tydskrifte wat deur die besluit geraak word, is tydskrifte soos Lig, Joy en JUIG!  Koerant.com verneem daar mag dalk meer tydskrifte wees wat geraak word.

Lig se redakteur, me Adri-Louise Van Renen, het Woolworths se besluit betreur. Sy het ontevrede lesers wat navraag gedoen het genooi om hulle e-pos-adres na lig@tydskrifte.co.za te stuur. Sy sê die tydskrif sal sulke mense voorsien met voorstelle waar hulle die tydskrif kan bekom.

Volgens Van Renen het die winkelgroep geen redes vir hulle besluit verskaf nie en bloot gesê dit is ʼn besigheidsbesluit.

Lig het sy lesers op Facebook aangeraai om die saak met die winkelgroep se onderskeie bestuurders op te neem wanneer hulle weer daar gaan inkopies doen. “Hoe gaan ons Woolworths oortuig om hulle besluit te herroep? Wanneer jy weer inkopies by Woolworths doen, vra om die bestuurder te sien en versoek hom/haar vriendelik om dit onder die Woolworths-bestuur se aandag te bring dat jy as verbruiker LIG op hulle rakke wil sien; Maak ’n inskrywing op Woolworths se Facebook-muur,” raai die tydskrif sy lesers op sy eie Facebook-blad aan.

Die winkelgroep se besluit het hier en daar ook steun uitgelok van ʼn ligter aard. Een van Facebook se deelnemers meen die bykomende rakspasie moet gebruik word om die winkel se wynafdeling uit te brei.

24 Responses to Godsdienstige tydskrifte kry die trekpas

  1. johannes coetzee

    November 12, 2010 at 8:37 am

    Willem wanneer het jy my ge-”expose” in Volksblad…gee my die link asb..?

  2. Gareth

    Oktober 21, 2010 at 11:37 am

    Vir die paar duisend wat nou nie meer Woolies wil koop nie… DANKIE!! Nou is die toue korter dat ek vinniger my Chocolate mousse kan koop soos die ander honderde duisende wat nog daar koop…

  3. Eugene@Pierre

    Oktober 20, 2010 at 2:48 pm

    Sjoe Pierre, jou psigiese magte verbaas my. Sê my, ek staan soms op met my voete aan die linkerkant van die bed – dink jy daar is ‘n moontlikheid dat ek dalk ‘n vrees het vir die toekoms, of dalk slange of my ma? Ek wonder of die besturende direkteur van Spar of Pick ‘n Pay of meeste van die produkte wat almal van ons elke dag koop Christene is – miskien moet ons nie weet nie, anders gaan ons land se BBP dalk krimp…sien julle in Woolies.

  4. Mr. My Voice

    Oktober 20, 2010 at 2:03 pm

    If Woolies goes ahead witht his plan of them, them all the Christians should also cancel their accounts and never buy from them again. They will see how bankrupt they become.

    Woolies do not mess with Christians who are power by Christ.

  5. Willem@Johannes Coetzee

    Oktober 20, 2010 at 12:47 pm

    Is jy weer hier jou ou fruit loop? Na ek jou ge-“expose” het op Volksblad was jy darem maar skaars!

    M.b.t die Woolies besluit – hoekom die bohaai mense? Dis ‘n tydskrif- niks anders nie. Keep your religion to yourself!

  6. Johannes Coetzee

    Oktober 20, 2010 at 12:32 pm

    Op 21 Mei 2011 begin die judgement . God het reeds in 1988 alle kerke en haar strukture uit sy mond gespoeg.

    Die tydskrifte wat nou nie meer te koop is nie sal niemand skade aandoen nie want hulle ontken die Bybelse Waarheid van die wederkoms op 21 Mei 2011.

    Mag God ons almal genadig wees in die dag van oordeel wat op hande is.

  7. Gavin

    Oktober 20, 2010 at 11:39 am

    What I find very strange or ironic is that we as Christians are forced to eat Halaal or rather 99% of food stuffs sold by Woolworths carry the Halaal symbol.

    If they so concerned about religious issues then have seperate sections to cater for Christians, etc. The Kosher products are clearly marked and not enforced on anybody but the Halaal products are.

    Woolworths needs to practice what they preach. It also applies to all the other retailers, restuarants, etc. I am sick and tired of pandering to hypocrits to say one thing and do another. As the Bible says…….you shall know them by their fruits. As a matter of interest a large proportion of the meat/margarines, etc are supplied by Muslim owned / controlled business entities.

  8. Daniel

    Oktober 20, 2010 at 11:06 am

    Though I am Afrikaans, Apologies for the English reply. When it comes to serious matters there is no better medium to express utter disgust than in the universal language of English. Let me start by saying I am a PROUD Christian living and working abroad. I am still following everything in SA with a keen eye as I want to return to my home country one day. In my humble opinion, if retailers like Woolworths, Managed by Mr. Susman want to streamline their business by cutting on low income generating products or slow moving products then that is perfectly understandable form a retailers point of view. Having said this, the segment of the year when all retailers make a killing is themed with great commercialized emphasis to entice or persuade the public to purchase their products. I would have no problem with Woolworths removing all religious and political products off their shelves on the condition that they leave Christmas to the Christians and not theme their shop displays and force market their products to reap the benefit of the celebratory time of year for the religious. There Mr. Susman, you can have your way BUT then you must also forfeit the 3 months in the year that you benefit from the religious celebrations. Choice is yours! God bless those who work in his name! Not in the name of profit!

  9. Albe

    Oktober 20, 2010 at 10:04 am

    Ek reken as christene moet nie in n geveg met woolworths betrokke raak nie.Ons moet dit voor God se voete gaan neerle en vir God om leiding vra.Die geveg is God se geveg teen die aanslag van die wereld wat Sy heiligheid wil ondermein.Ons moet tot God roep om heirdie mense te seen en hulle gedagtes te verander.Ons is mos chritene en ons moet ons self aan die woord van God meet.Hy se dat ons sal die aanlae kry hoemeer ons na Hom beweeg.Suid Afrika is op die omblik in “revivale”soos daar gepraat word.Hoemeer ons as nasie saam staan en dit sluit alle rasse in hoe en ons buig voor God hoe groter sal die aanslae raak.Kom ons le woolworths voor God se voete en laat hy met hulle doen wat reg is.Want as Hy hulle wil vernietig sal Hy dit op sy tyd doen.Onthou ons moet optree soos wat God verwag van Sy kinders om op te tree meet jou self aan die woord .Die wraak kom ons nie toe nie.

  10. Lanfear

    Oktober 20, 2010 at 9:39 am

    Wel Charles, ek kan net 100% met jou saamstem! Pakplek vir wyn is baie belangriker. Buitendien, is daar nie genoeg geloofs boekwinkels wat sulke goed verkoop nie.

  11. Abe

    Oktober 20, 2010 at 9:09 am

    Ek is ‘n swart heiden wat op 18 jarige ouderdom tot bekering gekom het en met my hele hart nou Christus wil dien. Stelling soos Charles en Alpa ( neem aan hulle is wit Afrikaners) is nogal kommerwekkend. Die Afrikaner het na ons land gekom om die evangelie vir die heidene kom bring. Ek dank hulle voorvaders wat hierdie opoffering deurgemaak het. Dit is te danke aan die Europeers dat ek vandag ‘n Bybel kan lees en vry is van die bindinge van my verlede. ‘n Oproep aan alle swart en kleurling christenne. Dit lyk of heidendom die Europeers in Suid Afrika terug wil beweeg van waarvan ons vrygekom het. Ons sal moet uit dankbaarheid vir wat hulle voorouers vir ons gedoen het, hulle nageslag vir Christus moet bereik.

  12. Gossip Girl

    Oktober 20, 2010 at 8:55 am

    Ek stem saam met Alpa, maar wil darem ook net byvoeg dat ons in ‘n vrye land woon (sover nog) en dat mense moet ophou om so passief te wees. Ja, boikot hulle as dit jou pla – dis jou geld! Die sogenaamde Christelike tydskrifte is eintlik “lifestyle magazines” – hulle verkondig nie een spesifieke kerk organisasie se beleid nie, maar eerder ‘n spesifieke geloofsoortuiging.

  13. Vernon

    Oktober 20, 2010 at 8:29 am

    Die besluit klink na n standaard besigheids besluit, en Woolies is gemaagtig om die stap te neem. Ek wonder of hul beleid teen godsdiens nou verder uitgevoor gaan word na hul vleis en kos afdeeling? Indien nie klink dit nie meer na n bestigheids besluit nie, maar wel n godsdienstige besluit … Ons sal maar moet wag en sien. Op die einde van die dag moet elke klient besluit watter winkel of geloof hulle ondersteen. Ek vertrou dat al die leesers die nodige aksie sal neem.

  14. Jacques

    Oktober 20, 2010 at 8:19 am

    dis hoog tyd woolworths! laat hulle die gemors in hulle kerke/moskee/tempels smous.

  15. Vernon Wolf

    Oktober 20, 2010 at 8:03 am

    Well done Woolworths, you have my full support!

  16. Morne

    Oktober 20, 2010 at 7:20 am

    Warra. Wees dankbaar ons is nog in n land waar mense darem nog bereid is om op te staan vir iets. Saamstaan was nog nooit ons ou blanke volkie se sterkpunt nie, miskien help die tipe gebeure dat ons begin besef ons moet op ons regte en jaaaaa.. ons geloof ook opstaan. Dankie dat ons nog geloof het om voor op te staan!!

  17. Pierre

    Oktober 20, 2010 at 7:05 am

    Charles, ek merk ‘n duidelike gevoel van onsekerheid by jou. As die sien van ‘n tydskrif soveel vrees by jou wek, moet jy dalk gehoor gee aan die Stem wat met jou praat. Dalk is dit net die geleentheid om vrede in jou lewe te kry.

  18. David

    Oktober 20, 2010 at 5:58 am

    Ek stem saam met Dewald. As Woolworths dan nou net Halal hoenders verkoop ! Boikot die blerrie goed. Hulle is in elk geval duur en glad nie so lekker soos die Spar se braaihoenders. Hulle dink hulle is kaas ! Christene, Boikot alles wat Halal is !!!!

  19. LOL

    Oktober 20, 2010 at 4:58 am

    @ Charles

    Ek stem saam met jou en kyk wie is die mense wat die meeste opskop daaroor, die christene!!!! Hoekom dan nie ander geloowe soos muslim, budism of self satanisme se boeke ook op die rak sit nie!!!! Geloowige mense is die evil in ons saamelewing, julle dink omdat julle geloowig is alles reg is en dat julle alles mag doen omdat julle “god” vir julle se julle mag en dit gaan vir alle geloowe!!!! Een van die dae se hulle weer woolworths is n satanistiese plek en jy moet nie daar koop nie LOL!!!! Alpa hou eerder jou snert met koolstof vir jouself lyk my jy het nie n IDEE waarvan jy praat nie!!! Gaan vind bietjie meer uit van koolstof voordat jy n klip in die bos gooi!!! Maar jy loop seker ook met klappe oor jou oe!!!!

  20. Mari

    Oktober 20, 2010 at 4:13 am

    Ek wil ook my eier le: dieselfde ‘christene’ wat moan oor die tydskrifte, wil nou spiteful wees en woolies boikot. Dis mos hoe ‘n christen optree. Afrikaanse ‘christene’ hou daarvan om goeie mense te wees sover dit hulle pas. ‘n tydskrif en woolies se doen en late gaan jou NIE in die hemel bring nie. Ek is seker dat die Here eerder verkies dat jy armes help, as wat jy tyd mors met woolies. Who cares???? Gelukkig is my geloof tussen my en God en nie tussen my en woolies nie. Kom by mense. Het julle nie werk nie? Of tv? Duidelik is daar mense wat niks anders het om met hulself te doen nie. Onthou altyd: God hou nie van kwaadstokers nie, al is wat ook al aan jou gedoen. Draai jou rug en loop weg. Its not worth it! Probeer dan ook PnP of spar! Ha ha!!!

  21. Dewald

    Oktober 19, 2010 at 8:59 pm

    Woolworths het +- 1 jaar gelede besluit om “Spare ribs” van hul rakke te verwyder.
    Hulle sê dat dit blykbaar nie genoeg verkoop nie. Maar dis bog. Hulle werkers in die winkel sê dat “spare ribs” nie halal is ni en mag nie saam met hulle braai hoenders verkoop word nie ! Jy kan maar gaan kyk. Geen “spare ribs” word meer by Woolworths verkoop nie ! Nou kom hulle met hulle Christen Tydskrifte wat verwyder moet word. Christene, boikot Woolworths sodat hulle kan sien wie is eintlike hulle kliënte ! Ons christene aanvaar te maklik alles. Hier steek meer agter alles as wat ons dink.

  22. Alpa

    Oktober 19, 2010 at 10:34 am

    Ag , ou Charles, jy voel of vreeslik bedreigd ( of het ‘n gewete wat jou opkeil) en kry seker dan hotagter as jy dit durf verby ‘n moskee, kerk of ‘n ding moet ry òf jy gooi bloot net ‘n klip in die bos. Maar tog stem ek saam – oor die pakplek vir wyn …en brood en dat die karouens hulle tydskrifte onderling tuseen hulself versprei, die tuiniers hulle s’n onder hulself en so meer. Dalk kan dit ook die koolstof voetspoor verminder met minder lorries wat goed moet aflewer?

  23. Charles de Jager

    Oktober 18, 2010 at 3:59 pm

    Ek hou van die idee dat daar nou ekstra pakplek vir meer wyn gaan wees. Ek ondersteun hierdie gebaar van Woolies eenhonderd persent. Ek dink alle godsdienstige tydskrifte moet van alle supermarkte se rakke af verdwyn. Ons leef in ‘n sekulêre land en gelowiges moet hulle geskrifte en tydskrifte self onder hulle eie lede versprei, sonder dat ek of my kinders in openbare ruimtes daarin hoef vas te kyk.

  24. Warra

    Oktober 18, 2010 at 3:11 pm

    Nou gaan die VOLK sekerlik weer ‘n boikot Woolies aksie per kettingbrief epos en sms begin…. Ag jaaaa….