Subscribe by Email

Glo die ANC gaan ‘n oorweldigende oorwinning behaal

ancPresident Jacob Zuma sê hy glo die ANC gaan ‘n oorweldigende oorwinning behaal in die plaaslike regeringsverkiesing op 3 Augustus, wat hy vroeër tot openbare vakansiedag verklaar het. Hy het met die bekendstelling van die party se verkiesings-aftelling in Durban gesê die ANC is nou sterker as ooit tevore. Zuma het alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners aangemoedig om in die verkiesing te stem.

One Response to Glo die ANC gaan ‘n oorweldigende oorwinning behaal

  1. Cathy

    Junie 27, 2016 at 8:27 am

    Wonderwerke is nooit ‘n verrassing nie, maar as die ANC hierdie verkiesing met ‘n oorweldigende meerderheid gaan wen, het iets iewers drasties verkeerd geloop en trek ek die intelligensie en redenaars-vermoë van die globale Suid-Afrikaner sterk in twyfel. Mens moet ‘n volslae idioot wees om vir ‘n korrupte regering te stem wat geen aanspreeklikheid vir sy onregmatige dade aanvaar nie. Aan die ander kant van die muntstuk het die ingeligte Suid-Afrikaner dan ook sy plig liederlik versuim om die oningeligtes aan die waarheid bloot te stel. Is Zuma en sy handlangers se oortuigingsvermoë dan wraggies soveel sterker as die res van ons?!