Subscribe by Email

Gholf by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro

roryNog een van die wêreld se beste spelers het onttrek aan die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro. Die sportsoort keer die eerste keer in meer as honderd jaar terug na die Spele, maar Rory McIlroy van Noord-Ierland het ook nou aangekondig dat hy weens die Zika-virus in Brasilië nie bereid is om sy land te verteenwoordig nie. Ander spelers wat reeds onttrek het, is die Suid-Afrikaners Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel, die Australiërs Adam Scott en Marc Leishman, en Vijay Singh van Fidji.