Subscribe by Email

Gewese hoof van Eskom is skuldig aan bedrog

e8a506797b7249d0af150d9bc9da284dEskom se voormalige besturende direkteur, Dawid Malherbe, sal in Augustus gevonnis word nadat hy skuldig bevind is aan bedrog en geldwassery wat die kragvoorsiener sowat 65 miljoen Rand gekos het. Die 56-jarige Malherbe het in Bellville, Kaapstad, in die handelshof verskyn. Hy is in 2013 in hegtenis geneem nadat ‘n verklikker die Valke ingelig het oor ongerymdhede met Eskom se tenderproses. Speurders het daarna bevind dat Malherbe tussen 2007 en 2009 tenders aan sy eie maatskappy toegeken het.

2 Responses to Gewese hoof van Eskom is skuldig aan bedrog

  1. michael

    Junie 24, 2016 at 6:46 am

    En as hy nie wit was nie, het hy waarskynlik n goue handshake gekry en n diplomatieke pos met al sy byvoordele in die buiteland gekry.

  2. Dimitri Boer

    Junie 21, 2016 at 3:16 pm

    Ek hoop hy skaam homself dood. Ja nee sluit die wetter toe. Daar is geen plek vir korrupte mense in vandag se wereld nie.