Subscribe by Email

Gestrande buitelandse toeriste word gedreig met arrestasie deur SAL

Gestrande Europese passasiers by die OR Thambo lughawe in Johannesburg, is na bewering gedreig met inhegtenisnmening deur die SAL indien hulle nie die lughawe verlaat nie.

Ongeveer 200 gestrande SAL passasiers wat moet terugvlieg na Heathrow lughawe in Londen, het kwaad geword toe hulle ingelig word dat die SAL steeds nie vlugte kan beskikbaar maak aan hulle om uit te vlieg na Londen nie. Hulle is na bewering toe gevra om die lughawegebou te verlaat, waar die meeste van hulle al vir ’n hele paar dae “uitgekamp” het as gevolg van die agterstand van die vlugte na Europa.

Amanda Damms, wie al op 17 April moes terug vertrek het na Londen, het gesê dat die Lughawebestuur aan hulle gesê het om terug te keer na hul hotelle, of na ’n ander gebied van die lughawe te gaan waar hulle nie “so opsigtelik” sal wees nie.

Toe die passasiers weier om te vertrek, was hulle na bewering gedreig dat die polisie op pad is en dat hulle gearresteer sou word indien hulle nie gehoor gee nie.

Die buitelandse passasiers wag al dae lank, party van hulle se visums het verval en ander se medisyne was alo opgebruik, maar steeds kan SAL nie aandui wanneer vlugte vir hulle beskikbaar is nie. Heather van Birmingham doen ’n beroep op hulle land om vliegtuie te stuur na Suid-Afrika om hulle uit hul gestrande posisie hier te help. Sy sê dat niemand in hulle land weet van hul swak posisie hier nie. Al die passasiers kla dat SAL baie onvriendelik en glad nie behulpsaam is met hulle situasie nie.

SAL verteenwoordiger, Fani Zulu, ontken die aantygings van die passasiers.

6 Responses to Gestrande buitelandse toeriste word gedreig met arrestasie deur SAL

  1. Josey

    April 27, 2010 at 10:08 am

    Net so Kuifie, moet sê ek het alweer iets geleer – nooit te oud om te leer nie, of hoe ? baie mooi gestel ! KOERANT BO !!! ♪♫♫♪♪

  2. Ropie

    April 27, 2010 at 8:21 am

    @ Kuifie: dankie vir hierdie les…LOL!

  3. Kuifie

    April 26, 2010 at 12:55 pm

    Volgens my ou Beknopte verklarende woordeboek van Kritzinger, Eksteen is daar niks verkeerd met die woord arrestasie nie.
    arrestasie = gevangeneming, aanhouding
    aanhouding = gevangeneming
    inhegtenisneming = gevangeneming
    in hegtenis neem = gevange neem
    vang of gevang = in die hande kry, in hegtenis neem
    neem of geneem = iets ontvang, of iets vat
    meeneem = saamneem ( nie die goeters wat gesteel is nie )
    opneem = in hande neem, bekyk, meet, inneem, toelaat, geld leen, iets koop ( aandele )

    Daar word gesê: Moe nie die lewe so ernstig opneem want jy sal nooit anderkant daar lewend uitkom nie. ( PW Botha)

    Ons kan ook sê : Jy klink as ‘n aanjaagmoter
    aanjaagmoter = motor, enjin wat die krag, drukking in ‘n toestel verhoog.

    Of ons kan sê: Gaan dans ‘n tiekiedraai !
    tiekiedraai = piekniekdansie ( gaan/dans op ‘n ander plek )

    He he he, ja nee Josey, Afrikaans klink as ♪♫♫♪♪ in die ore.
    oor of ore = orgaan waarmee gehoor word, buitenste gedeelte van die gehoororgaan, ‘n Orgaan wat nie altyd wil hoor wat ons moet hoor nie…ens ens ens.

  4. Josey

    April 26, 2010 at 5:54 am

    Wel, die berig is heel verstaanbaar, met hier en daar ‘n ou spelfoutjie, hoekom sal ons kla, eerder iets as niks. Daar is baie meer belangriker “foutjies” wat ons aandag meer benodig, as ‘n ou spelfoutjie of twee. Goeie Koerant !! hou so aan…….♪♫♫♪♪ !!

  5. Krista

    April 24, 2010 at 1:30 pm

    Redaksie…[Japie], dankie dat jy die probleempies vir die nuusmanne uitgewys het, ek glo dat dit nie opsetlik gedoen was nie, een gemis…”medisyne was al op” ipv alo …Ek glo nie mense lees altyd so in detail en kyk hoeveel taalfoute hulle gaan raaksien nie, maar tog wil mens die standaard hoog hou, ek is bly om te sien julle streef daarna! Lesers lees baie keer so vinnig dat jy bo-oor dit lees of jou brein stel dit sommer in die proses reg. 🙂

  6. Japie

    April 23, 2010 at 2:42 pm

    Werk asseblief mooi met ons taal.

    arrestasie = inhegtenisnmening;
    meeste = die meeste;
    hulle hotelle = hul hotelle (besitlik);
    uit medikasie geharloop (sjoe!) = medikasie is klaar;
    aantuigings (sjoe!!!) = aantygings.

    (Dankie vir die, dit het deurgeglip op ‘n besige dag! Redaksie)