Subscribe by Email

Gesondheids-ombudsman doen ondersoek na die dood van psigiatriese pasiënte

140613aaronmotsoaledi-jpgDie minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het die Gesondheids-ombudsman beveel om ondersoek te doen na die dood van 36 psigiatriese pasiënte in Gauteng nadat hulle vroeër vanjaar uit Life Esidimeni-sentrums verskuif is. Sowat twee duisend pasiënte is na 122 nieregeringsentrums oorgeplaas nadat die Gautengse Gesondheidsdepartement sy langdurige kontrak met Life Healthcare beëindig het. Motsoaledi sê die ombudsman moet deeglik ondersoek doen en ‘n verslag en aanbevelings voorsien waarop sy departement kan reageer.