Subscribe by Email

Gesoek vir wrede aanval op 1 jarige Kruger baba

Chakhoma Mathaba, 28 jaar oud, gesoek deur polisie

Die Polisie is op soek na Chakhoma Mathaba, ’n 28 jarige Mosambiekse burger. Hy word gesoek as hoof verdagte in die Kruger baba en haar oppasser se wrede aanranding.

Volgens die een jarige kleuter se oppasser, Franscina Sekhu, is dit die man wat sy vrywillig ingelaat het in die huis van die Krugers, omdat sy hom geken het en nie verwag het dat hy gekom het om hulle aan te rand nie. Hy was deel van ’n span bouers wat in Januarie maand bouwerk aan die huis gedoen het.

Intussen het die twee ander verdagtes in hierdie saak gister in die hof verskyn, maar die saak is uitgestel tot môre, omdat daar nie ’n tolk aanwesig was om aan hulle te kon tolk nie.

Enige een wat weet waar Machaba opgespoor kan word, kan 08600 10111 skakel, of dit rapporteer op Crimeline by 32211

One Response to Gesoek vir wrede aanval op 1 jarige Kruger baba

  1. Kuifie

    April 27, 2010 at 10:59 am

    Nie baie slim om jou een jarige baba jou dierbaarste lewende dingetjie op die wêreld met ‘n opasser
    alleen te los nie. Die feit bly staan dat die oppasser ‘n vreemdeling in die huis laat inkom het. Dit sê baie oor haar onvermoë om ‘n gevaar in te skat en oor haar onkunde hoe ‘n mens ‘n kind moet oppas. Ek is ook nogal seker die so genoemde oppasser Franscina Sekhu is geen SA burger en het geen opleiding gekry om met ‘n baba of ‘n kleuter om te gaan nie. Iemand moet die familie Kruger laat weet hulle leef nie meer in die veilige Suid Afrika wat ons geken het vóór 1994 nie. (Edit – Redaksie)