Subscribe by Email

Geskorste hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat word aangekla van bedrog

rob1Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat hy die geskorste hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Robert McBride, en twee kollegas vervolg vir bedrog en regsverydeling. McBride, Innocent Khuba en Matthews Sesoko is geskors vir beweerde wangedrag met die hantering van ‘n ondersoek na die onwettige uitlewering van vyf Zimbabwiërs in 2010. Hulle moet hulleself môre in Pretoria by die Valke-ondersoekeenheid aanmeld.