Subscribe by Email

Geskorste hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat verskyn in die hof

Robert+McBride+xxxDie geskorste hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Robert McBride, en twee ondersoekers van die eenheid gaan na verwagting vandag in die hof verskyn op aanklag van bedrog en regsverydeling. McBride, Innocent Khuba en Matthews Sesoko is geskors oor die hantering van ‘n ondersoek na die onwettige uitlewering van vyf Zimbabwiërs in 2010. McBride sê die klagtes wat die Nasionale Vervolgingsgesag teen hom ingebring het, is ‘n poging om onwettige besluite te regverdig.