Subscribe by Email

Gerugte oor minister Gordhan moet stop

jacccccccccksonDie ANC se hoofsweep, Jackson Mthembu, het gevra dat gerugte teen die minister van finansies, Pravin Gordhan, moet end kry. Gerugte doen die rondte dat Gordhan deur die Valke in hegtenis geneem gaan word omdat hy na bewering betrokke was by ‘n sogenaamde geheime eenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Mthembu sê enige bewerings dat Gordhan betrokke was by misdadige aktiwiteite van enige aard is vals en diegene wat sulke stories versprei moet vasgetrek en wettig aangekla word. Hy het bygevoeg dat hy volle vertroue het in die minister se integriteit.