Subscribe by Email

Genetiese kode van tamatie ontrafel

‘n Internasionale span kundiges het daarin geslaag om die genetiese kode van die tamatie te ontrafel, wat beteken dat nuwe variëteite ontwikkel kan word, wat sommer ook meer bestand teen hitte en droogte sal wees.

Volgens die Vlaamse Instituut vir Biotegniologie en die Universiteit van Gent , wat deel is van die internasionale konsortium, Tamatiegenoomkonsortium, bestaande uit 300 wetenskaplikes uit 13 lande, sal nie net die tamatie hierby baat vind nie, maar ook ander gewasse van die familie Solanaceae (Nagskadu).

Dit beteken dat gewasse soos die aartappel, die eiervrug, soetrissies, brandrissies en pepinos ook baat gaan vind.

Ander plante uit hierdie familie is tabak en petunia ook behoort.

Die verslag word in die vaktydskrif, Nature, gepubliseer.
Herman Toerien