Subscribe by Email

Generaal de la Rey-hospitaal personeel nie hul roeping werd!

smith egpaar

Mnr en Mev Smith

“Ons het baie gebid vir dié babatjie. Ons het so uitgesien na die ou vreugdetjie. Nou is ons weer alleen,” So vertel Mev Smith van Lichtenburg in Noordwes, oor haar ondervinding in die Generaal de la Rey-hospitaal in Lichtenburg.

Mev. Beuline Smith (26) was vier dae lank in die hospitaal “met erge pyne” voordat haar babadogter, Brooklyn, ná ure se kraam eindelik op 27 Februarie gebore is. Die babalykie het daarna lank binne sig van nog ’n pasiënt in die kraamsaal gelê sonder dat dit skoongemaak is. Mev. Smith was ure lank in kraam terwyl verpleegpersoneel op haar maag gedruk en mnr. Smith en haar ma in ’n stadium haar bene in die lug moes hou.

Mev. Smith beweer veral die nagsusters het hulle bitter min aan haar gesteur. Een het glo aan haar gesê om “dit nooit weer te doen nie” toe sy haar wakker gemaak het om oor pyn te kla.

Die departement het gesê hy sal ondersoek instel na die toestand van die hospitaal se toilette, wat glo erg vuil is. Daar was glo ook ou, droë bloed in die verloskamer.

“Ons wil stappe doen sodat dit met niemand anders sal gebeur nie. Verander dit (die verloskamer) eerder in ’n slagpale. Hulle (die verpleegpersoneel) is nie hul roeping werd nie,” het mnr. Smith gesê.

One Response to Generaal de la Rey-hospitaal personeel nie hul roeping werd!

  1. beulah

    Maart 28, 2014 at 7:33 am

    dus nou al 4 jaar gelede wat hierdie dramatiese gebeure gebeur het wat het toe van die saak geword en hoekom is daar nie n op volg berug gedoen oor wat veder gebeur het nie ons wat die lesers is wil graag weet wat veder gebeur het, en waar die saak nou staan hoop om terug voering te ontvang