Subscribe by Email

Gelykheids hof vind Malema skuldig aan haatspraak

Die gelykheidshof in Johannesburg het vandag vir Julius Malema, die ANC-jeugleier skuldig bevind op aanklagte van haatspraak en teistering.

Landdros Colleen Collins het gese dat die hof is tevrede met die uitspraak dat die uitlating van die gedaagde gelykstaan met haatspraak. “Die woorde wat uitgelaat is, dra by tot teistering soos gestaan in die wet van gelykheid.”

Collins het Malema beveel om ’n publieke verskoning binne die volgende twee weke te maak. Hy moet ook R50 000 binne een maand aan ‘n sentrum vir mishandelde vrouens skenk.