Subscribe by Email

Maties se nuwe taalbeleid word deurgevoer

AlumniScreensaver_2

Die raad van die Universiteit Stellenbosch het sy nuwe taalbeleid aanvaar wat voorsiening maak vir die gebruik van Engels, maar met gelyke status vir Afrikaans. Engelse onderrig sal elke jaar opwaarts aangepas word om toegang te verhoog vir voornemende en huidige studente wat verkies om in die taal te studeer. Die beleid beloof ook om die gebruik van Xhosa uit te brei, wat die Wes-Kaap se derde amptelike taal is,

Die burgerregte-organisasie AfriForum het beloof om met sy regspan en belanghebbendes te beraadslaag om te verseker dat Afrikaanssprekende studente en voornemende studente se regte nie geskend word nie. Adjunk-uitvoerende hoof Alana Bailey sê Afrikaans het ‘n politieke pion geword op kampusse. Sy het almal wat sterk voel oor die voortbestaan van Afrikaans as hoëfunksionerende taal gevra om die besluit teen te staan.