Subscribe by Email

Geheime vliegveld vir Zimbabwe se bloeddiamante

Lugfoto's dui aan dat konstruksiewerk is in volle gang aan geheime vliegveld

’n Geheime vliegveld word klaarblyklik in ’n Zimbabwe diamantgebied wat 14 maande gelede ingeval en onregmatig oorgeneem was deur Zanu-PF oorlogsveterane. Daar word uit verskeie oorde beweer dat hierdie vliegveld opgerig word, om wapens onwettig van China af te ontvang en dan direk met diamante te betaal daarvoor.

Na verneem word, is daar blykbaar genoegsame bestaande vliegvelde naby genoeg aan die Chiadzwa myngebied en dus is dit nie nodig om een direk in die myngebied op te rig nie.

Oorhoofse foto’s van die konstruksiewerk, wat al goed op dreef is, wys ook ’n weermag basis wat uit tente bestaan, in die een hoek van die geheime vliegveld.

Hierdie onthullings kom op ’n baie sensitiewe stadium in Zimbabwe se geskiedenis, waar die gesamentlike regering van Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai besig is om skipbreuk te ly.

China is Zimbabwe se hoof verskaffer van wapens, maar aflewering daarvan het vir Robert Mugabe ’n kopseer begin raak, veral ook toe ’n Chinese skip met wapens vir Zimbabwe onlangs verbied is om sy vrag in Suid-Afrika af te laai.

Ingeligte bronne in Zimbabwe beweer dat Zanu-PF slegs die gesamentlike regering met die MDC party aanvaar het, omdat hulle tegnies die verkiesing verloor het. Hulle wil die vliegveld gebruik om wapens en geld te bekom om Zanu-PF soldate gelukkig te hou, omdat hulle alleen wil regeer.

Kom hier dalk weer ’n bloedbad in Zimbabwe?