Subscribe by Email

Geheime Eskom dossier gepubliseer, skokkende feite

Die DA het vanoggend besluit om ’n geheime Eskom dokument beskikbaar te stel aan die publiek. Tydens die parlementêre sitting gister, het die LP van die DA, Pieter van Dalen, bekendgemaak dat hy in besit was van hierdie hoogs geheime en vertroulike dokument van Eskom. Nou is die 291 bladsy geheime Eskom dossier beskikbaar vir die publiek om af te laai vanaf die DA se webtuiste.

In ’n media verklaring, het die DA gese dat dit in landsbelang is dat die inwoners van Suid-Afrika moet weet wat Eskom alles wegsteek vir jan en alleman. Die verslag bevat inligting wat klinkklare bewyse is van Eskom se swak bestuur, asook die ANC-regering se kompleksiteit daarin en die skade wat dit aan die Suid-Afrikaanse ekonomie aanrig.

Die opsommende feite van hierdie geheime dokument is as volg:

  • Montraco, ’n Mosambiekse elektrisiteitsvoorsiener, betaal slegs 12 sent per kilowatt krag aan Eskom, vanaf 1997 af. Die tarief is vêr onder die kosprys. Tans skuld hierdie kragnetwerk R 100 miljoen rand aan Eskom, wat nie voorsiening gemaak het om die agterstallige gelde van hulle te vorder nie
  • BHP Billiton se kragrekening het gehalveer in die 2009/10 tydperk, teenoor die 2008/09 tydperk, wat beteken hulle het die helfte minder vir kragverbruik betaal toe die res van die land moes begin hoër tariewe betaal.
  • Montraco is die 5de grootste kragverbruiker van Eskom, met 3.7% van die totale Eskom krag wat na hulle gaan. Hulle voorsien ook krag in Mosambiek aan die Mozal Aluminum Smelterye, wat ’n onderafdeling weer is van BHB Billiton, wie die 2de grootste koper van elektrisiteit is in Suid-Afrika, wat effektief beteken dat BHB Billiton 9.3% van alle krag deur Eskom opgewek, verbruik. BHB Billiton, daarteenoor, lewer slegs ongeveer 0.1% van Suid-Afrika se totale binnelandse produk, aangesien hulle meestal direk hulle metaal uitvoer.
  • Eskom het ’n waarborg van R224 miljoen gelewer aan Montraco, wat beteken dat Eskom geld opsy gesit het vir ’n maatskappy wie reeds slegte skuld aan Eskom verskuldig is.
  • Kort tot medium termyn kontrakte om steenkool aan Eskom te lewer, kos ongeveer R 270.00 per ton, terwyl langtermynkontrakte slegs R 107.00 per ton kos, maar Eskom verkies om nie langtermyn kontrakte met steenkoolmyne aan te gaan nie. Dit alleen het ’n tekort van R 8.3 biljoen rand vir Eskom opgelewer tydens die 2009/10 periode.
  • Totale slegte skulde van Eskom is R2.8 biljoen, waarvan Soweto die meeste, naamlik R 1.8 biljoen skuld.

One Response to Geheime Eskom dossier gepubliseer, skokkende feite

  1. Colin Raath

    April 26, 2010 at 7:11 am

    Kan ander partye nie asb begin saamstaan om daadwerklik druk toe te pas op ANC nie?? Alles gaan tot niet en die leiers van die ANC leef in weelde en mors geld so ver hul gaan. Hulle weet mos nie waar geld vanaf kom nie! Arm mense kry elke dag swaarder en hulle blameer apartheid daarvoor. Ek weet daar is genoeg goeie leiers in die land wat dieselfde voel, kom asb by mekaar en staan op teen hierdie tipe dade wat nou elke dag ontbloot raak.

    Ek bid jul alle sterkte toe en probeer om ‘n goeie landsburger te wees op grondvlak.