Subscribe by Email

Geestes Waardes

Met ‘n besoek aan ‘n wel belese vriend besef ek opnuut die waarde van geduld en geestes waardes. Die Engels verwys daarna as “selling your soul”. Die storie was eintlik iewers 2011 in  Die Burger gepubliseer.

Kunstenaars word “gemaak” in die Rockefeller Centre op die 64ste vloer. Dis daar waar Bob Dylan in die vroë 70′ s  ‘n besluit moes neem: Gaan hy die hoofstroom volg of gaan hy die ware kuns uitleef waarvoor hy leef. Gaan jou naam  in die straat op ligte koerant blaaie  in die wind rond waai of gaan dit in hardeband boeke opgevat wees as deel van koffie tafel. Daar waar dit deel word van die gesprekke met diep inhoud.

Hy het gekies om op Koffietafels staan gemaak te word en het getrou gebly aan sy ware kuns. Jy weet nooit wanneer jou waarde erkenning kry nie, maar bly eg aan jouself. Dalk net dalk kan die nageslag van ons kunstenaars hierdie Koffietafel Stories oor vertel.