Subscribe by Email

Geen dop meer vir Engelse vrou

’n Vrou van Bromsgrove, Worcestershire, het die eerste persoon geword wat verban word om enige alkohol te koop of te drink by enige plek in Engeland of Wallis. Die twintigjarige Laura Hall, was uitgereik met ’n “Drinking Banning Order” wat haar verbied om ’n klub, bar, of enige ander plek waar mens drank kan aankoop of verbruik, te mag binnegaan. Sy mag ook nie enige drank by haar dra of in haar besit hê  in ’n ongeseëlde houer nie.

Dit volg op ’n radelose polisie wat nie meer raad gehad het met haar anti-sosiale optrede wanneer sy gedrink is nie. Sy was al telkemale skuldig bevind aan talle anti-sosiale oortredings. Met hierdie verbod in plek teen haar, sal sy met £2 500 beboet word indien sy dit oortree.

Sersant David Roberts, van die West Mercia Polisie, sê dat daar was al in die verlede sulke drank verbannings-bevele uitgereik aan verskeie mense, maar dit is die eerste keer dat so iets nasionaal van toepassing gemaak word. Hulle hoop om Hall te rehabiliteer met hierdie bevel. Deel van die bevel is dat Hall ook ’n rehabilitasie program suksesvol moet voltooi.

Volgens Britse regeringstatistiek, het die aantal gevalle van alkohol verwante misdrywe onder vrouens, toegeneem met 30% tussen 2005 en 2007.