Subscribe by Email

Geel minirokkies verbode by stadion, 36 meisies aangehou deur Fifa

Fifa verteenwoordiger verwyder geel minirokkies uit stadion

By Soccer City in Soweto was 36 meisies wat in geel rokkies geklee was, vir ure deur Fifa en die polisie aangehou, nadat Fifa beswaar aangeteken het oor hulle rokkies, omdat dit blykbaar beskou word as “ambush marketing” deur die bekende Bavaria brouery in Nederland.

Die nommerpas geel rokkies was deel van ’n geskenkpak met aankope van Bavaria bier in Nederland. Daar is geen maatskappy naam op die rokkies nie, maar na bewering weet almal dit is Bavaria rokkies. Peer Swinkels van die Bavaria brouery sê dat mense behoort te mag aantrek wat hulle wil.

Barbara Kastein was deel van ’n groot groep aanhangers in die stadion, waar ’n Fifa verteenwoordiger hulle beveel het om of die stadion te verlaat, of hulle gaan in hegtenis geneem word, aangesien “ambush marketing” ’n strafbare oortreding is in SA. Hulle is toe aangehou vir langer as drie ure deur Fifa en die polisie, waarop hul vrae moes beantwoord of hulle vir Bavaria werk.

Lees volledige berig in Engels hier.

2 Responses to Geel minirokkies verbode by stadion, 36 meisies aangehou deur Fifa

  1. Gerhard Lesch

    Junie 23, 2010 at 8:30 am

    Dit smaak my Fifa is die sokkerboewe!

  2. Ropie

    Junie 15, 2010 at 12:45 pm

    Is daai FiFA-mense nou heeltemal mal of wat?