Subscribe by Email

GEE WELKOM MEDI CLINIC REGTIG OM?

Gee Welkom Medi Clinic regtig om?
My 11 weke oue baba seuntjie George Hills wat sondag 6 mei 2012 in medi clinic welkom Pediatriese saal opgeem is a.g.v bronchitis. Maandag 7 mei 2012 het die dr gese hy het longontsteking ook. Ek het baie slegte diens ontvang van die hospital.
Op 8 Mei 2012 net na 19:00 uur, het ek een van die personeel lede gevra: kyk asb by bed nommer 7, my baba seuntjie is alleen en wakker, ek wil graag net vir my iets gaan kry om te eet. Die dame daar het toe vir my gese: dis reg.
Ek was so 45min weg. Toe ek terug is, by die deur van die saal toe hoor ek al hoe skreeu my baba. Ek het dadelik na sy kamer gehaas en gesien hy le oop, op sy ruggie , bloedrooi in sy gesiggie en huil. Ek het die dame – seun se moeder langs my waarmee ons n kamer gedeel het gevra, hoelank le my seun al en skree? Sy het geantwoord : omtrent 3min vanaf ek uit die kamer is tot nou toe, ek het haar gevra: was hier iemand by hom en sy het geantwoord: nee .
Ek het na die toonbank in die saal geloop en vir `n ander dame daar gese: hoor hoe skree my baba, ek het net gevra om na hom te kyk terwyl ek gaan eet? Sy het my geantwoord : wie het ek gevra om na hom te kyk? Ek het omgedraai en terug gehaas na sy kamer en hom rustig probeer maak , nie eers toe het enige iemand gekom om te kyk hoekom hy gehuil het nie.
My vraag is: hy is 11 weke oud wat as hy in sy slym verstik het en versmoor het, of breinskade op gedoen het??, hy het op sy rug gele , hy kan nie sy slym self uitkry soos groter kinders en volwasse mense nie.
Medi clinic het jammer gese oor dat daar niemand oor daai tydperk by hom was nie maar jammer sou dieselfde woorde gewees het as my seuntjie dalk verstik en versmoor het. Jammer.
Die vorige aand 7 Mei 2012 om 22:00 uur het hulle my seun se laaste bottle gegee. Die volgende oggend net voor 07:00 het hulle my kom vra hoelaat terug het die baba n voeding gehad? Ek het geantwoord: kyk in sy leer sy het gesien dit was die vorige aand 22:00 uur. Ek het deer die verloop vanaf : 22:00 uur tot die volgende oggend elke uur en ml neer geskryf op `n papiertjie wat hy gedrink het. Ek het hulle gevra moenie die papier weg vat nie , hulle het als toe in hulle leer neergeskryf vanaf my papier.
Deer die verloop van die dag het ek die kamer verlaat om koeldrank te gaan kry, toe ek terug in die kamer kom, het die papier spoorloos verdwyn.
My hart gaan uit na die arme klein kindertjies wat nie vir hulle self kan praat nie. Die wat se ouers nie elke dag by hulle kan bly nie. As ek sulke diens ontvang het terwyl ek daar was, weet ek nie watse diens die ander kindertjies ontvang wat se ouers nie daar kan wees nie. Dit is nie nodig om te vra vir diens nie, dit is hulle werk om na pasiente te kyk.
Ek het in 2009 September ook baie slegte diens ontvang toe ek self die pasient was. Ongelukkig sal Welkom Medi Clinic my nie vir `n derde keer sien nie.
Daar is wel iemand wat ek wil bedank wat daar was, deer al die slegte tye, dit is: Sister van Rensburg, dit is al op wie ek vertroud was, na alles om na my seuntjie te kyk as ek gou wou gaan eet of gaan bad het.