Subscribe by Email

Gebruik spraakvryheid om teen agteruitgang te praat – kanselier

Jong akademici moet hul spraakvryheid benut om hul stemme duidelik teen die algemene agteruitgang wat die land beleef, te laat hoor.

Dit was die kanselier van die Vrystaatse Universiteit se boodskap aan graadvangers tydens die gadeplegtigheid vir wetenskap- en landboustudente.

Dr. Khotso Mokhele, wat self oor ‘n doktorsgraad in mikrobiologie beskik en ‘n indrukwekkende akademiese loopbaan op sy kerfstok het, het vertel hoe hy self op Fort Hare sy mening uitgespreek het en geskors is.

“Julle het egter nie net die reg om jul menings vryelik uit te spreek nie, die rektor, prof. Jonathan Jansen, sal jou waarskynlik nog n drukkie ook daarvoor gee.”

Jansen, wat self vir sy uitgesprokenheid en klem op akademiese uitnemendheid bekend is, was dié keer effens meer bedees. In sy toespraak het hy egter gemeld dat hy hoop die dag breek gou aan dat velkleur nie meer saak maak nie, sodat die klimaat van middelmatigheid agtergelaat kan word. Hiermee het hy klaarblyklik vir die minister in die presidensie, Trevor Maneul, in die bresse getree dat swak dienslewering nie meer voor die deur van apartheid gelê kan word nie, maar dat ‘n tevredenheid met middelmatigeid die blaam moet kry.
Herman Toerien

One Response to Gebruik spraakvryheid om teen agteruitgang te praat – kanselier

  1. Pingback: Nuuskommentaar: Kleinfontein, groot bohaai : Maroela Media