Subscribe by Email

Gay man erg verkrag

Tom de Wet berig aan Volksblad:

Willie Meintjies

Willie Meintjies, Erg verniel. Foto: Tom de wet - Volksblad

Mnr. Willie Meintjes (34), ’n selferkende gay man van Virginia in die Vrystaat, is omstreeks middernag deur sy broer en suster bewusteloos, bebloed en nakend by die rivier op die dorp gekry, met sy hande agter sy rug vasgemaak en sy hemp oor sy kop getrek.

Sy regterknie is beseer, hy het ligte harsingskudding en sy hele lyf is oortrek van rou skaafwonde. Verder is daar diep snye aan sy polse waar sy hande met kabels met skerp sykante vasgemaak was.

Meintjes en sy ma, Willemien, sê hy het op die dorp grootgeword en bly al 34 jaar daar sonder dat hy vyande het of dat iemand hom al oor sy seksualiteit gekonfronteer het.

Willie beskryf sy ervaring Sondagaand toe hy op die dorp oor die kop geslaan, by die rivier verkrag en toe met takke en gebuigde riete onsedelik aangerand is, as onbeskryflike trauma, skok en vernedering. Hy kry nou intensiewe sielkundige behandeling, asook antiretrovirale middels.

Mev. Meintjes sê hoewel Willie baie gebloei het, vermoed hulle een van sy aanvallers is beseer en daar was van sy bloed ook. Die polisie het ook semenmonsters gekry. “Hy slaap en eet nie, en as iemand vinnig naby hom beweeg, skrik hy.” Enigiemand wat die polisie in die ondersoek kan help, word gevra om die polisie te kontak.