Subscribe by Email

Gauteng se aanlyn-skoolaansoekstelsel verloop weer sonder probleme

schoolDie Gautengse minister van Onderwys, Panyaza Lesufi, sê die probleme met sy departement se aanlyn-skoolaansoekstelsel is uitgestryk. Meer as 370-duisend aansoeke is verwerk sedert die stelsel verlede week in werking getree het. Dit is bedoel vir ouers en voogde wat kinders wil inskryf om volgende jaar graad 1 of graad 8 toe moet gaan. Die aansoeke wat reeds verwerk is, is ‘n gemiddeld van meer as 53-duisend per dag. Lesufi sê die departement het nou ‘n beter idee van watter skool onder druk verkeer om meer leerlinge in te neem as ander.