Subscribe by Email

Gaan huistoe Europa!

Die Victoria standbeeld vol graffitti

Port Elizabeth

Zuma se vyandige ontvangs in Engeland deur die Britse media het blykbaar veroorsaak dat die standbeeld van koningin Victoria voor die Sentrale Biblioteek in Port Elizabeth deur pro Zuma ondersteuners beetgekry is.

Die pragtige marmerbeeld het nou “bloed” wat uit haar borste en onderbuik loop en swartgeverfde oë waar dit oorkant die markplein staan.

“Goduka Europe”, wat “gaan huis toe, Europa” in Xhosa beteken, en “Go away, Hamba, Foetstek” is onder meer op die standbeeld gespuit.

Baie goeie bewysstukke is op die toneel ingesamel. Die voorval is by die polisie aangemeld en die bewysstukke, asook kringtelevisie-opnames, sal aan die polisie oorhandig word.

Mnr. Manuel de Castro, voormalige burgemeester van Walvisbaai, se kommentaar is: “As dít is hoe Suid-Afrikaners gaan optree ná die negatiewe publisiteit oor Zuma, gaan dit die verhouding tussen Suid-Afrika en Brittanje net versuur. “Die vandalisering van die beeld is skandelik.”

One Response to Gaan huistoe Europa!

  1. KOOSKANDAS

    Maart 6, 2010 at 2:54 pm

    Die spreeus sal nooit verander nie .