Subscribe by Email

FW-stigting looi Samantha Vice

Wat doen filosofie-lektore in Grahamstad in die lang maande tussen feeste? In die geval van Samantha Vice, senior lektor in die departement van filosofie aan die Universiteit van Rhodes, worstel hulle met skuldgevoel, skaamte en berou omdat hulle wit is en omdat hulle ‘witlike’ voorregte geniet. Me Vice het haar opinies in hierdie verband neergepen in `n artikel wat onlangs in die Journal for Social Philosophy verskyn het, getiteld “How do I Live in This Strange Place?”

Me Vice spring weg met die punt dat wit Suid-Afrikaners, of hulle nou direk by apartheid betrek kan word of nie, verteer moet word deur skuldgevoel en skaamte vanweë hul voortgesette en opsigtelike ‘witlike voorregte’.

“In this country it is difficult to avoid thinking of oneself as guilty just by being white, irrespective of directly racist actions, and irrespective of whether one was responsible for acquiring whitely habits. One is – even if unavoidably – a continuing product of white privilege and benefiting from it, implicated in and enacting injustice in many subtle ways; it seems to me that feelings of guilt are appropriate.” ‘

Sy vra wat dit sal vat vir wittes om goeie mense te wees. Sy stel dit dat wittes nie op onproblematiese wyse hulself kan sien inpas by of bydra tot die post-apartheid narratief nie. Sy argumenteer dat skuldgevoel, berou en skaamte geskikte emosies is vir wittes en dat om moreel suksesvol te kan wees, hulle nederige en stille beheerstheid moet toepas. Volgens Vice moet wittes – in erkenning van hul skadelike teenwoordigheid –

“… would try, in a significantly different way to the normal workings of whiteliness, to make themselves invisible and unheard, concentrating rather on those damaged selves… One would live as quietly and decently as possible, refraining from airing one’s view on the political situation in the public realm, realizing that it is not one’s place to offer diagnoses and analyses, that blacks must be left to remake the country in their own way. Whites have too long had influence and a public voice; now they should in humility step back from expressing their thoughts or managing others.”

Moet `n mens regtig bekommerd wees oor me Vice se beangste en introspektiewe mymeringe? Ongelukkig moet `n mens. Selfs Max du Preez, wat nie juis bekend is as `n beskermer van ‘witlikheid’ nie, het dit nodig gevind om daarop te reageer. Die probleem is dat idees – selfs vanuit die verste hoeke van provinsiale akademia – kan gevolge inhou. Me Vice se opinies moet aangevat word om die volgende redes:

Eerstens omdat dit ongrondwetlik is. Die hele idee van ons nuwe demokrasie is dat ons gelyk is – en dat ons almal saak maak. Daar is nie meer plek vir die gedagte dat sommige Suid-Afrikaners moreel, of op enige ander wyse, oppermagtig is bó enige ander Suid-Afrikaners nie. Alle Suid-Afrikaners het `n reg – en inderdaad `n plig – om deel te neem aan openbare sake, om hul opinies uit te druk en die regte te geniet wat in die Grondwet verskans word. Die gedagte dat enige deel van ons samelewing moet onttrek van die openbare debat, bloot oor hul ras, is skokkend. Dit herinner aan Pericles se vermaning: “We do not say that a man who takes no interest in politics is a man who minds his own business; we say that he has no business here at all.”

Tweedens is Vice se menings, en moontlik onopsetlik, rassisties. Die wese van rassisme is die nadelige behandeling, of toeskrywing van negatiewe kwaliteite aan mense gebaseer op hul ras. Vice maak geen onderskeid tussen die verskillende klasse en kategorieë wit Suid-Afrikaners nie. Is die 600 000 wit Afrikaners wat na beriggewing in armoede verval het, steeds die draers van ‘witlike’ voorregte? Is die wittes wat vir die ANC geveg het net so skuldig as diegene wat die AWB ondersteun het? Was wittes, soos Braam Fischer, wat die totalitêre dogma van die SAKP bevorder het, moreel oppermagtig bó ware demokrate soos Helen Suzman? Natuurlik was hulle nie. In die bekende woorde van Martin Luther King Jr – mense moet beoordeel word as individue volgens die inhoud van hul karakter – en nie volgens die kleur van hul vel nie.

Derdens is Vice eenvoudig verkeerd oor die hele idee van wit ‘voorregte’. `n Groot gedeelte van wittes kan glad nie meer beskryf word as ‘bevoorreg’ nie. Die oorgrote meerderheid het hul welvaart bekom op dieselfde wyse as hul teenhangers oor die res van die wêreld: deur harde werk en ondernemingsgees. Hulle het hul belasting betaal, hul lewens gelei soos goed soos wat hul kon en het `n disproporsionele bydrae gemaak tot die ekonomie en die welstand van al die mense in die land. Daar is niks fout met die strewe na welvaart nie. Soos wat Adam Smith, die grootste morele filosoof van hul almal gesê het:

“…Every individual intends his own gain, and he is in this, as in many other cases, led by an invisible hand to promote an end which was no part of his intention…. By pursuing his own interest he frequently promotes that of the society more effectually than when he really intends to promote it.”

Ironies genoeg doen die bevoorregte, en moontlik kras, wit nyweraar wat 500 werkers in diens het, meer goed as al die filosowe in die land saam – of meer as die ander wat voorhou dat hul in “die publiek se beste belang handel”.

Laastens moet ons me Vice se menings aanvat omdat dit gevaarlik is. Dit sal maklik gesnap word deur `n nuwe generasie van swart rassiste wat dit sal gebruik om hul toenemend aggressiewe veldtog van anti-wit stigmatisering en uitsluiting te regverdig. Die konsep van kollektiewe rasgebaseerde skuldgevoel is nie ver verwyderd van ontmensliking nie. In onstabiele multikulturele samelewings soos ons s’n kan sulke houdings ons terugneem na baie donker plekke.

Ons Suid-Afrikaners kom van `n baie donker plek. Ons deugsaamheid as mense – insluitend die oorgrote meerderheid van ons gemeenskappe – is dat ons beweeg het uit ons diep verdeelde verlede en `n ooreenkoms bereik het op `n nuwe samelewing wat gebaseer is op die voorskrifte van nie-rassigheid, gelykheid, menswaardigheid en fundamentele regte vir almal. Ons het `n baie ver pad om nog te gaan tot ons hierdie doelwitte bereik. Die nasionale konsensus wat egter verskans is in ons Grondwet bied `n uitstekende morele kompas om ons almal op die regte pad te hou.

Liewe Samantha, hou op om skuldig te voel; hou op om jouself filosofies te folter; raak `n gelyke burger betrokke as by die belangrike kwessies van die dag; werk aan die visie van nie-rassigheid, menswaardigheid, gelykheid en geregtigheid wat geartikuleer is in ons Grondwet. As jy dit doen, sal jy vind dat dit soveel makliker is om in hierdie wonderlike en uitdagende plek te bly.

One Response to FW-stigting looi Samantha Vice

  1. mariette

    Julie 20, 2011 at 2:34 pm

    There is something seriously wrong with this Samantha woman. Seriously!