Subscribe by Email

Futuregrowth staak befondsing aan die steenkoolbedryf

pcc-1Suid-Afrika se grootste batebestuursmaatskappy, Futuregrowth, het befondsing aan die steenkoolbedryf opgeskort. Die maatskappy se beleggingshoof, Andrew Canter, sê besprekings is aan die gang om te besluit of Futuregrowth hoegenaand steenkool wil befonds weens die volhoubaarheids-invloed daarvan. Die maatskappy sal slegs lenings aan die bedryf oorweeg as dit tekens toon van meer volhoubare metodes om steenkoolbrandstof vir energie aan te wend.