Subscribe by Email

Freshpak Fiksheidsfees – Saterdag 4 Oktober 2014

Driekamp-2011

CLANWILLIAM: Die grootste multisport-fees in die Wes Kaap, die jaarlikse Fresh-pak Fiksheidsfees, vind Saterdag 4 Oktober, in Clanwilliam plaas. Dit is vanjaar die 28 ste agtereenvolgende jaar dat die uithouvermoë van groentjies en fiks-heidsfanatikusse getoets word. Sowat 800 entoesiastiese sportgeesdriftiges sal op Rooiboswêreld toesak om deel te neem aan die verskeie swem, fietsry en hardloop items.

Afgesien van die sport items, bied die fees ook ‘n gulde geleent-heid vir ‘n lekker naweek-wegbreek na die skilderagtige gedeelte van die land.
Die multisportfees bied fiksheidsuit-dagings vir almal, van kinders tot tieners tot volwassenes.

Op die dag kan gees-driftiges deelneem aan ‘n wye verskei-denheid uitdagings wat ‘n 3 km of 1,5 km swem, ‘n dubbelkamp (5 km draf, 20 km fietsry en 2,5 km draf), ‘n tweekamp (5 km draf en 20 km fietsry) en ‘n driekamp
(800 m swem, 20 km fietsry en 5 km draf) insluit.   Inskrywings vir die dubbelkamp, tweekamp en driekamp is oop vir individue asook spanne.

Die Fitness Challenge vir tieners be-staan uit 2,5 km draf, 450 m swem en 1 km draf en vir die jonger sportliefhebbers is die Fitkids ideaal en bestaan uit 1 km draf, 200 m swem en nog ‘n km draf.

Die fees is ideaal vir families, vriende, span- en oefenmaats en ‘n opwindende feestelike atmosfeer wag vir almal in die hartjie van die aanskoulike Cederberge. Vir meer inligting oor die feesnaweek as-ook inskrywingsvorms besoek

http://www.freshpakfitnessfestival.co.za