Subscribe by Email

Franziska Blöchliger eers verkrag en toe vermoor is

ebfe8baf80f547fa9462e4511a84cfcdDit het vandag in die Wynberg-landdroshof aan die lig gekom dat die 16-jarige tiener van Kaapstad, Franziska Blöchliger, verkrag is voordat sy in die Tokai-woud vermoor is. Franziska het Maandag verdwyn toe sy tydens ‘n gesinsuitstappie in die gewilde Tokai-woud gaan draf het. Sy is na bewering geslaan, gewurg en verkrag voordat sy vermoor is. Vier verdagtes het vanoggend in verband met die saak in die hof verskyn: een op aanklag van moord, drie op aanklagte van verkragting en een op aanklag van roof met verswarende omstandighede. Die staat het nog nie bekend gemaak watter verdagte watter aanklag in die gesig staar nie.