Subscribe by Email

Franse President waarsku dat niemand dit moet waag die Euro 2016 sokkertoernooi te ontwrig nie.

euroDie Franse President, Francois Hollande, het gewaarsku dat niemand moet probeer om die Euro 2016 sokkertoernooi te ontwrig nie. Daar was die afgelope tyd heelwat betogings in Frankryk, meestal oor die verandering van arbeidswetgewing. Treindrywers dreig om te staak op die spoorlyn wat na die Stade de France buite Parys loop. Frankryk speel in die eerste wedstryd teen Romenië.  Daar word berig dat sokkergeesdriftiges wat vandeesweek in Parys en ander stede aangekom het moes loop deur strate waar die rommel nie deur vakbondlede weggeneem is nie.