Subscribe by Email

Frankryk se begrotingstekort knyp

Frankryk moet binne twee jaar 40 miljard Euro vind om sy begrotingstekort binne die voorskrifte van die Europese Unie te bring, maar die premier, Jean-Marc Aurault beloof hand en mond dat die regering, maak of  breek, aan sy verkiesingsbeloftes sal hou, maar die palement gevra om saam te staan om ongekende vlakke van besuiniging te handhaaf.

Die EU se tesourie, bekend as die Rekenkamer, het pas die begrotingsdoelwitte vir lidlande op datum gebring. Om vanjaar die begrotingstekort in Frankryk tot die vereiste 4,5 % van die BNP terug te werk, wored 8 miljard Euro benodig. Volgende jaar moet die tekort na 3 persent verminder word, en sal dit ‘n bykomende 33 miljard Euro verg. 

Na verwagting sal Frankryk se staatskuld teen die einde van die jaar nog gelykstaande aan 90 % van sy BBP wees.

Hierdeur word die bewind van die nuwe president, François Hollande vroeg-vroeg reeds onder druk geplaas, wat ‘n verslapping van maatreëls beloof het om die sukkelende ekonomie op dreef te kry.

Die nuwe regering het ook die groeiverwagting van die ekonomie vir vanjaar van 0,5 % tot 0,3 % afgeskaal.

Foto: Die premier spreek die parlement toe – Foto AFP

Hoofbron: http://www.trouw.nl/tr/nl/4500/Politiek/article/detail/3281628/2012/07/04/Begrotingstekort-dwingt-Fransen-tot-rigeur-streng-en-pijnlijk-ingrijpen.dhtml

 

 

Herman Toerien