Subscribe by Email

Frankryk kondig drie dae van rou af na gister se terreur in Nice

Covered bodies lie on the street after a truck crashed into a crowd along the Promenade des Anglais, Nice, France, during celebrations of Bastille Day, July 14, 2016.

Covered bodies lie on the street after a truck crashed into a crowd along the Promenade des Anglais, Nice, France, during celebrations of Bastille Day, July 14, 2016.

‘n Suid-Afrikaanse gesin in Nice sê daar was absolute chaos na gisteraand se terreuraanval tydens ‘n Bastille-dag-viering in die suidelike Franse stad. Henri Meistre, oorspronklik van Johannesburg, skryf op Facebook dat hy en sy gesin minute voor die aanval lekkergoed gekoop het in ‘n winkel. Internasionale Betrekkinge en Samewerking kon nog nie bevestig of enige Suid-Afrikaners geraak is deur die aanval waarin 84 mense dood en dosyne beseer is nie.

‘n Een en dertigjarige man, wat uitgeken is as ‘n plaaslike inwoner van Tunisiese afkoms, het op mense losgebrand en met ‘n vragmotor op hulle afgejaag. Die polisie het hom later doodgeskiet.

Die Franse regering het drie dae van rou afgekondig wat van môre van krag sal wees. Premier Manuel Valls sê terroriste se doelwit is om vrees en paniek te saai, maar Frankryk is ‘n wonderlike land en demokrasie wat nie sal toelaat dat hy onbestendig gemaak word nie. Geen groep het nog aanspreeklikheid aanvaar nie, hoewel teenterreur-kenners sê die aanval het die kenmerke van Islamitiese Staat.