Subscribe by Email

Fout om Skerpioene se angel te trek

“Die Grondwetlike Hof se beslissing dat die wetgewing om die Skerpioene te ontbind in wese ongrondwetlik is, en dat die eenheid se opvolger, die Valke nie genoegsaam onafhanklik is nie, beteken die ANC was verkeerd in sy grondwetlike uitleg, en die opposisiepartye was reg,” aldus die Christen-Demokratiese Party se woordvoerder oor grondwetlike sake, Richard Botha.

“Dit laat ‘n mens ril oor die ander kere wat die regering wetgewing probeer deurvoer, soos oor onteiening, wat ooglopend ongrondwetlik is.

“Ons vertrou dat die beginsels onderliggend aan die Skerpioene gou herstel sal wees, sodat die land sy stryd teen korrupsie en georganiseerde misdaad doeltreffend en vry van politieke inmenging sal kan volvoer. Ons doen ‘n beroep op die regering om nie voete te sleep deur die ganse 18 maande te wag vir wat die hof gegun het nie, om aan grondwetlike vereistes te voldoen. Die land kan dit eenvoudig nie bekostig nie.

“En ons vertroiu, dat met die onafhanklikheid herstel, die wapenskandaal nou eens vir altyd behoorlik ondersoek en afgehandel sal word, sodat hierdie albatros om die nek kan koers kry.”