Subscribe by Email

Foto’s: Skokgrenate en traangas chaos by Durban sokkerstadion

Een vrou kry behandeling vir traangas in haar gesig

Gewapende onluste polisie het toegesak op gehuurde Fifa sekuriteitswagte wat protes aangeteken het teen hulle betaling na die wedstryd Sondag tussen Duitsland en Australië by die Moses Mabhida Stadion in Durban.

Associated Press verslaggewers het omtrent 30-polisiemanne gesien toesak op die betogende sekuriteitspersoneel, waar hulle met traangas en skokgranate na buite die stadion gedwing was.

Buite die stadion het daar later ongeveer 100 polisiebeamptes die 300 betogers omsingel. Sover vasgestel kon word, is niemand in hegtenis geneem nie. Die werkers is ontevrede oor hul salaris van R 190.00 per dag, wat na beweer word, nie die ooreengekome bedrag is soos deur Fifa belowe nie. Hulle werk blykbaar 12 uur skofte en sommige van die werkers beweer dat Fifa hulle daarvoor R 1500.00 per dag moes betaal, soos ooreengekom.

onluste polisie vorm 'n kordon om betogers

Daar is nog geen kommentaar deur Fifa, of deur die LOC. ontvang wat die beweerde kortbetaling van die werkers in perspektief kan stel nie. Baie van die betogende wagte het bruin koevertjies by hulle gehad met die bedrag van R 190.00 daarop geskrywe. Ander beweer hulle is sonder vervoer by die stadion gelos, waar daar na bewering ook vervoer terug na hul woonplekke aan hulle belowe was.