Subscribe by Email

Foto’s: Kaal man op dak afgeduik deur blou polisie stormers

Foto: Leon Knipe Daily Voice

Die polisie moes Blou Bul versus Stormers vasvatte en losgemaal gebruik om ’n kaal man wat op huise se dakke in Kaapstad rondgekruip het, vas te vat.

Geskokte Rondebosch inwoners het Sondagoggend ontwaak met die gesig van ’’n hardop biddende kaal man op ’n huis se dak. Die polisie is ingeroep en moes op die dak klim om die man daar af te kry.

Inwoners sê dat die man vroeg Sondagoggend sy klere in die middel van die straat uitgetrek het, waarna hy op die huis se dak geklim het en begin hardop bid het. Na ’n tweede poging, kon die polisie daarin slaag om die man van die dak af te kry. Die eerste keer het die man homself kon loswikkel en na ’n ander dak gespring, waar hy gaan sit en weer hardop gebid het vir nuwe klere en ’n bybel.

Foto: Leon Knipe Daily Voice

Die 35 jarige man is van die Rondebosch omgewing en hy is nou vir waarneming na ’n inrigting in Kaapstad geneem deur die polisie.