Subscribe by Email

Foto’s: Inkopiegangers skarrel vir skuiling toe skote klap.

Foto Michael Walker, Cape Times, Een van die rowers in been gewond

Inkopiegangers in die St George’s Mall in Kaapstad moes gister rondskarrel vir veiligheid toe die polisie gewapende rowers in hierdie sentrum agternagesit het en skote geklap het.

Polisie wat in die sentrum op diens was, het skote gehoor, waarna hulle die gewapende rowers probeer aankeer het, maar laasgenoemde het op die polisie begin skiet. Orals het mense skuiling gesoek teen die koeëls wat rondvlieg. Die polisie het teruggeskiet en die rowers gejaag tot in Parlementstraat, waar een van hulle probeer wegkom het deur in ’n parlementêre gebou te probeer skuil.

Foto: Michael Walker, Cape Times Rower word in vangwa gelaai

Twee rowers is uiteindelik in hegtenis geneem, maar ’n derde rower het ontsnap in ’n silwer VW Golf met registrasie nommer DVH 564 GP. Twee 9mm pistole waarvan die nommers afgeveil is, was in besit van die rowers, asook ’n onbekende aantal ammunisie. Die polisie sê dat die rowers van Gauteng afkomstig is.