Subscribe by Email

Formule Een-motorsport

rosberg-juebl-helm-formel-1-gp-von-grossbritannienNico Rosberg van Duitsland het sy agterstand op sy Mercedes-spanmaat Lewis Hamilton tot net nege punte laat krimp toe hy die Belgiese grand prix gewen het. Die Brit was derde nadat hy in die heel laaste plek weggespring het weens ‘n tegniese straf, en die Australiër Daniel Ricciardo van Red Bull tweede. Die wedren het op dramatiese wyse begin toe die ander Red Bull van die Nederlander Max Verstappen en die Ferrari’s van Kimi Raikkonen van Finland en die Duitser Sebastian Vettel op die eerste draai teen mekaar gebots het. Al drie kon egter die wedren voltooi.