Subscribe by Email

Fooie-kommissie wil ‘n langtermyn-oplossing hê

img_6074Die kommissie wat die lewensvatbaarheid van gratis tersiêre onderrig ondersoek, sê studente moet die liggaam vertrou as hulle ‘n langtermyn-oplossing wil hê. Gewelddadige betogings teen ‘n verhoging in klasgeld het daartoe gelei dat sommige universiteite klasse opgeskort het en studente in hegtenis geneem of beseer is. Die voorsitter van die kommissie, regter Jonathan Heher, sê hulle wil ondanks die ontwrigting steeds studente se menings inwin.