Subscribe by Email

Fifa waarsku oor pynstillers

As van die spelers tydens die Fifa-wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika soms in ‘n dwaal gelyk het … daar is dalk ‘n rede voor. Pynstillers.

Volgens ‘n ondersoek het 40 % van die spelers voor wedstryde pynstillende middels ingeneem. Volgens Fifa is dié gebruik aan die toeneem en leer jonger spelers dit by die ouer professionele spelers aan.

Fifa waarsku dat hierdie middels, bekend as nsaid’s, uiters skadelik vir die gesondheid en soms selfs dodelik kan wees.