Subscribe by Email

Fifa se nuwe president word betrek by die Panama-skandaal

infantinofifaDie Switserse polisie het die kantore van die Europese sokkerbeheerliggaam Uefa deursoek na aanleiding van die uitgelekte Panama-dokumente wat handel oor duisende invloedryke mense wat na bewering belasting ontduik. Die liggaam se gewese hoofsekretaris, Gianni Infantino, wat onlangs verkies is tot president van die wêreldbeheerliggaam, Fifa, word in die dokumente genoem. Daar word beweer dat hy in 2006 mede-ondertekenaar was van ‘n televisieregte-ooreenkoms met twee sakemanne wat Fifa sedertdien van omkopery beskuldig het. Hy ontken enige ongerymdhede.