Subscribe by Email

FBI oorweeg ‘n ondersoek teen Brad Pitt

0921-brad-pitt-getty-5Die FBI oorweeg dit om ondersoek in te stel na ‘n beweerde voorval op ‘n vliegtuig wat klaarblyklik gelei het tot Angelina Jolie se besluit vroeër die week om ‘n egskeiding aan te vra. Sy voer onversoenbare verskille tussen haar en Brad Pitt aan as rede en vra dat sy alleentoesig oor hulle ses kinders verkry. Die gesin was verlede Woensdag op ‘n vlug van Frankryk na Minnesota toe die Hollywood-akteur na bewering dronk geword, op die kinders geskree en hulle hardhandig behandel het. Hy ontken die bewerings.