Subscribe by Email

Farlam-kommissie se aanbevelings in werking te stel

Nkandla+May+28+2015Die minister van Polisie, Nathi Nhleko, gaan binnekort ‘n aankondiging doen oor stappe wat die regering gaan doen om die Farlam-kommissie se aanbevelings in werking te stel. Die kommissie het ondersoek gedoen na die dood van 44 mense wat deur die polisie doodgeskiet is tydens ‘n mynstaking by Marikana in Noordwes in Augustus 2012. Daar is onder meer aanbeveel dat ondersoek gedoen word na nasionale polisiehoof Riah Phiyega se geskiktheid vir die pos na aanleiding van die polisie se hantering van die stakende werkers.