Subscribe by Email

FAK Rooiwarm

Rooiwarm is die nuutste album uit Andries-Hendrik Potgieter se geledere en beloof om jonk en oud weer opnuut ‘n warm gevoel onder die hart te gee. Die album is die voorloper van die 75ste viering van die beroemde FAK Sangbundel en die vrystelling van ’n nuwe Sangbundel in 2012.

Die album is die breinkind van Dr. Danie Brink, hoof uitvoerende beampte van die FAK en Dirk van Niekerk van Noted Music. Brink, van Niekerk en ANDRIES-HENDRIK het kragte saamgesnoer om weer lewe in die ou Afrikaanse liedjies te blaas.

Die CD, ROOIWARM – Andries-Hendrik sing FAK, bestaan uit 14 verwerkings van nagenoeg 34 FAK liedjies. Bekende liedjies soos ‘Sarie Marais’ , ‘Die Alibama’ en ‘Bobbejaan klim die berg ‘ het ‘n paar verrassende nuwe klanke bygekry wat by alle generasies aanklank sal vind. Hierdie album sal gesinsvakansies op die langpad verby laat snel. Die ‘Rooiwarm’ album word amptelik op 19 Oktober by die Voortrekkermonument in Pretoria bekendgestel. Dit sal ook in meer as 400 musiekwinkels regoor die land beskikbaar wees.