Subscribe by Email

Faf du Plessis sê Suid-Afrika het nie sy kanse by die wêreldbeker benut nie

faf1Suid-Afrika se Twintig20-kaptein, Faf du Plessis, sê ’n reeks soos die wêreldbeker laat min ruimte vir foute en die Proteas is skuldig omdat hulle nie hul kanse benut het nie. Suid-Afrika het gister hul deelname aan die wêreldbeker in Indië afgesluit met ‘n oorwinning van agt paaltjies teenoor die verdedigende kampioene, Sri Lanka. Du Plessis sê die uitdaging wat hulle nou in die gesig staar, is die feit dat ‘n paar spelers, onder andere Dale Steyn, AB de Villiers en Hashim Amla, waarskynlik nie deel sal wees van die volgende Wêreldbeker-reeks wat oor vier jaar plaasvind nie.