Subscribe by Email

Ewen McKenzie bedank

ewen-mckenzie-3news.co_.nz_1

Die Wallabies se afrigter, Ewen McKenzie, wat die afgelope tyd in die spervuur was het bedank.

Die skokaankondiging is gemaak nadat Australië naelskraap met 28-29 teen Nieu-Seeland verloor het.

Die bedanking voor volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi, volg ná bespiegelings oor onmin in die Wallaby-kamp en nadat McKenzie gedwing is om gerugte oor ‘n buite-egtelike verhouding met ‘n persooneellid te ontken. Sapa-AFP