Subscribe by Email

EVV se dringende aansoek om ‘n interdik word van die rol geskrap

BalekaMbeteDie Wes-Kaapse Hooggeregshof het die Ekonomiese Vryheidsvegters se aansoek om ‘n dringende interdik teen die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, van die rol geskrap. Die party wou hê die hof moet haar verbied om EVV-parlementslede uit die Parlement te verwyder tydens vanmiddag se sitting, en haar ook verplig om die sitting uit te stel tot Mbete die versekering gee dat daar nie hardhandig opgetree sal word teen opposisielede nie. Dit volg nadat EVV-LP’s onlangs vir vyf dae geskors is nadat hulle uit die Nasionale Vergadering verwyder is toe hulle president Jacob Zuma se begrotingsrede ontwrig het.